Laerskool Rustenburg


Go to content

Vergrootglas op Larries


ONTMOET ONS HOOF

Op 1 Januarie 1999 word Mnr JF Jansen van Vuuren - 'n dinamiese leier wat hom op vele terreine begewe - aangestel as Hoof van Laerskool Rustenburg. Mnr J van Vuuren bestuur die skool effektief en lei die skool na verskeie hoogtepunte, onder andere as wenners van die Super 12 Skolekompetisie. In 2006 verlaat hy die skool as stuurman om homself in die privaatsektor te vestig, maar keer in 2008 terug om die skool na verdere hoogtes te lei. Mnr J van Vuuren streef om Larries 'n skool van uitnemendheid te maak.

PERSONEEL

Meelewende personeel ondersteun die leerders in die klas en op die sportveld. Elke personeellid is 'n spesialis op sy/haar gebied en streef daarna om onderrig vir die leerders opwindend te maak.

TERREIN

Laerskool Rustenburg is gebou in 'n pragtige omgewing en spog met gevestigde bome en welige plantegroei. Die Gr 1 klasse is pragtig buite versier en die badkamers is onlangs spoggerig opgegradeer. Die leerders speel pouses op 'n goed ontwikkelde speelterrein en het toegang tot klimapparaat.
Die sportgronde word goed onderhou en Larries tree gereeld op as gasheer vir verskeie sportgeleenthede.

GELEENTHEDE VIR LEERDERS

By Larries poog ons om toegeruste leerders die węreld in te stuur. Karakterontwikkeling , 'n aspekte wat daagliks aangespreek en uitgeleef word. Waar ons ookal beweeg, poog ons om ons vingerafdrukke te laat. Eerlikheid en fluksheid word beloon en leerders word weekliks as Larrie van die Week aangewys.
Larries maak akademiese reuse groot. Die kinders word aangespoor om hoë akademiese standaarde na te streef en akademiese presteerders word beloon met 'n "Top 15" balkie. Leerders neem deel aan Bybelvasvra, Algemene Kennis vasvra en Olimpiades.
Die skool beskik oor 'n goed toegeruste rekenaarsentrum waar die leerders weekliks onderrig ontvang en 'n spoggerige Inligtingsentrum wat bestaan uit 'n biblioteek en uitmuntende ouditorium.
Entrepreneursdae laat die Larries toetree tot die eise van die beroepswęreld. Hul kreatiewe denke word ontwikkel sodat hulle geleenthede kan raaksien en werk kan skep.
Larries se redenaars praat gereeld die land aan die brand. Van die kleinste Babbelbekkies tot die alwysste seniors, hier word almal aangemoedig om saam te praat.
Hope pret met elke veldskool is aan die orde van die dag en Larries kan ook by die Landsdiensbeweging aansluit waar bewaring van ons land aangespreek word.
Larries blink uit in verskeie sportsoorte en is jaar na jaar toppresteerders tydensdie Super 12 skolebyeenkoms. Larrie leerders kan deelneem aan netbal, rugby, tennis, krieket, hokkie, skaak, koor, gholf, ruiterkuns en swem. By Larries word leerders aangemoedig om te beweeg en die Menslike Bewegingsafdeling bied vir die kinders die geleentheid om speel speel fiks te word. By watter skool in die Noordwes kan kinders nog gedurende skooltyd in die swembad baljaar?
Buitemuurse aktiwiteite soos 'n fotografieseklub en dramaklub bied vir die kreatiewe leerders ook die geleentheid om hulself uit te leef.
Larries se Leerderraad se unieke leiersopleidingsprogram kweek leiers van môre. Hierdie leerders word gevorm en ondersteun om as leiers uit te styg.
By Larries word daar nie net hard gewerk nie, maar ook hard gespeel. Die Larrie Loslitdag bied vir elke Larrie die geleentheid om netbal en rugby te speel en die klasoptogte met temas gee elke Larrie die versekering dat hy/sy deel is van die wenspan!
Larries blink oral uit! Hier gaan ons van krag to krag en bou op die vier pilare: Christenskap, Akademie, Sport en Kultuur. Niks sonder arbeid!


Webtuiste kennisgewing - Kopiereg 2010 Laerskool Rustenburg - Webtuiste deur Skooldaetv.com

Voornemende Ouer Blad | Vergrootglas op Larries | Aansoekvorm | Site Map


Back to content | Back to main menu